Van Julie tot Oktober, wanneer die Ridders van die Muskadelstok by die nuut geskepte muskadelmuseum by die Karoo Art Hotel op Barrydale, ingehuldig word, gaan ons voorste kos- en wynpersoonlikhede ag uitmuntende feesetes met briljante wyne aanbied. Daar is iets vir ‘n ieder en ‘n elk om te geniet. En dis bekostigbaar. Die hotel maak akkomodsie teen verminderde pryse beskikbaar.

DIE FEESPROGRAM
Louis van Reenen, die Joubert kwartet, Marlene van der Westhuizen, Marietjie Koekemoer Swanepoel saam met Annatjie Reynolds, Errieda du Toit en Daleen van der Merwe, Vickie de Beer, Anel Potgieter saam met Martelize Brink, Derek Lowe en Peter Veldsman gaan die wonderlikste, meestal eiesoortige Klein Karoo geregte optower. Ook is Johan Odendaal daar om ons deur die Midde Oosterse woestynsand tot in Indië en terug na die
Klein Karoo te lei.

By elke geleentheid kan jy wit en rooi muskadelwyne voor en soms ook tydens die ete proe. Daarna gaan van ons voorste wynmakers spesiale wyne met die spyskaarte van die kokke paar en voorsit. Kom proe die beste van Hermanuspietersfontein se Wilhelm Pienaar, Meyer en Schalk-Willem Joubert van Joubert-Tradauw en Cordoba onderskeidelik en die verrasende eerste (nooiens) bekendstellings van Kontras. DelAire Graff, De Grendel, Muratie en Allesverloren gaan tot die feestelikhede bydra. ‘n Verrassing of twee wag ook op die gaste – dis nou wyngesproke. Elke Ridder van die Muskadelstok se wyn wat in die museum verewig word gaan tydens Derek Lowe en Peter Veldsman se reuse fees ete beskikbaar wees. Sonder twyfel die grootste en mees unieke muskadelproe ooit in Suid-Afrika.

Click here to download the full information flyer